Profesionele Dienste

Wat Ons Aanbied

Hier by Tuiniqua beoog ons om dienste te lewer wat noodsaaklik is vir ouer persone en hierdie unieke lewensfase. Deur professionele dienste op die perseel te lewer, soos kliniese dienste, ‘n geregistreerde dokter, maatskaplike werker en geregistreerde verpleegkundiges, kan ons inwoners ‘n volledig onafhanklike lewenstyl bied met die ondersteuning en advies wat hierdie professionele persone 24 uur per dag kan bied.

Word 'n vrywilliger!

Vrywilligers speel ‘n belangrike rol in die bereiking van die doelwitte van Tuiniqua Care Centre.

Daar is ‘n wye verskeidenheid velde waarin ‘n lid van die gemeenskap betrokke kan raak, soos vriendelike besoeke, lees en stap met inwoners.

Professionele Dienset Beskikbaar by Tuiniqua

Kliniek Dienste

Die primêre doel van ons kliniekdienste is om tuisversorging aan bejaarde inwoners en dienssentrumlede in hul eie omgewing en huis te bied.

Maatskaplike Werker

Die dienste van ‘n maatskaplike werker wat by die SACSSP (South African Council for Social Service Professions) geregistreer is, is beskikbaar vir alle lede.

Teken in op ons lys